top of page

Welkom!

Skrywersnetwerk is ’n dinamiese gemeenskap van Afrikaanse skrywers en woordkunstenaars.

 

Ontdek stories, ontmoet die mense agter die woorde, en bly op hoogte van nuwe vrystellings en boekgeleenthede.

Nuwe Vrystellings

Skrywer van die maand

1. Waaraan werk jy tans?

Soos gewoonlik werk ek aan meer as een boek op ’n slag. Behalwe The Widow’s Choice, ’n Christelike romanse wat in Skotland afspeel, het ek pas Bella en die Buffel (Sprokiesliefde, 2) vir my betalesers gestuur. Ek het ook tydens ROSAWrimos die eerste weergawe van Klanke en Kaneel (Groenbosbaai, 5) voltooi, en Found in the Flames — die begin van ’n opwindende nuwe Hallmark-gebaseerde kleindorpse romanse wat in Kalifornië afspeel. Ek is tans besig met die tweede boek in daardie reeks, sowel as die vertaling van Playing for Haggis na En Toe Is Daar Jy.

2. Waar kry jy jou inspirasie?

Oral! In mense, plekke, liedjies, drome... Soms net ’n sin of ’n foto, en dan ontstaan ’n hele storie daaruit. Ek dink ek sien stories in alles.

3. Een interessante feit oor jouself wat min mense weet?

Ek is doodbang vir springkane. En nie net “ek skrik” nie — ek raak histeries. Dan sit ek letterlik in ’n bondeltjie en wag dat iemand anders dit hanteer!

4. Boek of karakter wat jou gevorm het?

Ek dink dit het begin met die Maasdorp-reeks en Alba Bouwer se stories, tot ek oud genoeg was om liefdesverhale te ontdek en meegesleur is deur skrywers soos Wille Martin, Ettie Bierman en Susanna M. Lingua. Of dalk was dit Kinders van die Wêreld… daardie boeke het my wêreld oopgemaak.

5. Droomplek om te skryf?

In ’n bos. Met ’n kaggel. En stilte. Ek is mal oor woude — dis daar waar my verbeelding die vrye teuels kry.

Skepskop vir Liefde
Vrede op Aarde
Sonneblomkind-Kindle
In die hoogste hemel
OESTYD - Stephanie du Toit
Ema Roux 7 - Anria Breed
Die Roos op Lagenis - Anria Breed
’n Blinde Afspraak vir Hugo - Anria Breed
Boeie en Boetedoening - 2nd edition cover - V2
Die Roos op Lagenis - Anria Breed
Boeie en Boetedoening_Amazon Cover - V9
Die Nege Siele van Joshua Duran - Anria Breed
Sonder Om Te Groet - Anria breed
Sinterklaas ry _n Ysterperd V5
Labirint van Woorde Voorblad (Light)
Sonneblomkind-Kindle
BeklitsdeKersfees_Kobo
bottom of page