top of page

Meer oor SkrywersNetwerk

Skrywersnetwerk is ’n gemeenskap van Afrikaanse skrywers wat mekaar ondersteun, bemark en versterk. Ons werk saam om boeke sigbaar te maak, stories by lesers uit te kry, en die Afrikaanse boekekultuur te laat groei — een storie op ’n slag.

Books And Glasses

VISIE

Lewendige Afrikaanse boekewêreld waar skrywers mekaar versterk, lesers toegang het tot vars stories, en Afrikaanse boeke wyd gelees word - in biblioteke, winkels en huise regoor Suid-Afrika.

Black Heart Shape

MISSIE

Om Afrikaanse skrywers te verbind in ’n netwerk waar samewerking belangriker is as kompetisie, en waar ons mekaar help om boeke en stories by lesers uit te kry.

Picture6.png

ONS IKOON

Die ikoon verteenwoordig 'n gemeenskap van skrywers. Elke kleurvolle sirkel simboliseer 'n individuele skrywer met 'n unieke stem, genre en reis. Die verbindende boë verteenwoordig samewerking, ondersteuning en gedeelde geleenthede. Saam vorm hulle 'n netwerk waarin elke skrywer uniek bly, maar tog voordeel trek uit betekenisvolle verbintenisse met ander.

bottom of page