top of page

Skrywersnetwerk is ’n gemeenskap van Afrikaanse skrywers wat mekaar ondersteun, bemark en versterk. Ons werk saam om boeke sigbaar te maak, stories by lesers uit te kry, en die Afrikaanse boekekultuur te laat groei — een storie op ’n slag.

Visie

Lewendige Afrikaanse boekewêreld waar skrywers mekaar versterk, lesers toegang het tot vars stories, en Afrikaanse boeke wyd gelees word — in biblioteke, winkels en huise regoor Suid-Afrika.

Missie

Om Afrikaanse skrywers te verbind in ’n netwerk waar samewerking belangriker is as kompetisie, en waar ons mekaar help om boeke en stories by lesers uit te kry.

bottom of page