top of page

Skrywers

Elsabé Welman

Romantiese spanningsverhale

Elsabé Welman se romans kombineer romanse en spanning met karakters wat leef en asemhaal op elke bladsy. Met ’n diverse agtergrond bring sy ’n unieke diepte en realisme na haar verhale.

Stephanie du Toit

Romantiese spanningsverhale

S du Toit het in Houtbaai, Kaapstad, groot geword. Sy is ‘n Suid-Afrikaanse skrywer wat romantiese spanningsverhale met baie intrige skryf.

Francine Beaton

Kontemporêre en Sportromanse

Francine Beaton is bekend vir haar rugbyromanses en skryf stories vol liefde, humor en hart. Sy reis graag, kyk rugby en ontspan met ’n glas wyn. Sy het een keer probeer rugby speel, maar toe besluit kyk is beter – en skryf nóg beter.

Zinét Oosthuizen

Liefdesverhale, Vakansieromanse, Kontemporêr

Zinèt Oosthuizen het reeds op ʼn jong ouderdom die betowerende wêreld van verhale ontdek en terwyl sy ʼn passie vir lees en skryf het, bestee sy die meeste van haar tyd aan finansiële bestuur.
In haar vrye tyd geniet sy die eenvoudige dinge van die lewe, en wanneer sy saam met haar familie ʼn welverdiende vakansie neem, is daar altyd ʼn paar romantiese liefdesverhale versteek in haar tas. Lees en skryf laat haar toe om te ontsnap van die haastige wêreld daarbuite, en sy vind vreugde daarin om deur die bladsye van verhale te dwaal.

Marilize Roos

Historiese romanse, vakansieromanse, LGBTQ, BDSM, en erotiese romanse.

Marilize Roos is bekend vir haar vurige romantiese stories wat in die Kaap afspeel. Sy is mal oor diere (veral perde en Rottweilers), lees, musiek, naaldwerk en fotografie.

bottom of page