top of page

Ontmoet ons Skrywers

I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me. It's easy.

Hier vier ons die stemme agter die stories. Of jy nou hou van roerende liefdesverhale, skerp poësie of lewensgetroue biografieë – ons netwerk van Afrikaanse skrywers het iets vir elke leser. Blaai gerus deur die profiele en ontdek wie agter jou volgende gunstelingboek skuil.

Francine Beaton

Team Member Name

Kontemporêre en Sportromanse

Francine Beaton is bekend vir haar rugbyromanses en skryf stories vol liefde, humor en hart. Sy reis graag, kyk rugby en ontspan met ’n glas wyn. Sy het een keer probeer rugby speel, maar toe besluit kyk is beter – en skryf nóg beter.

Francine Beaton
Nerine le Roux

Team Member Name

Kontemporêre Romanse en Jeugfiksie

Vir Nerine is skryf een van die lekkerste dinge om te doen. Om nuwe karakters en stories te skep. Sy glo liefde is n belangrike element in elke mens se lewe en sy wil graag n gelukkige einde vir elke storie hê. Humor bly maar altyd vir haar belangrik.

Sy stap graag, is uit die aard van die saak altyd aan die lees, kuier saam met vriendinne en werk in haar tuin.

Dan reis sy graag saam met haar man wat n liefde vir geskiedenis en vreemde plekke met haar deel.

Maar as daar n storie in haar kop begin broei, moet al die hierdie ander lekker dinge maar eers wag.

Nerine le Roux
Anria Breed

Team Member Name

Anria skryf liefdesverhale en moordstories, soms apart en soms ineengeweef. Sy is lief vir mooi Afrikaanse woorde wat meer diepte aan haar karakters gee.

Anria Breed
Elsabé Welman

Team Member Name

Romantiese spanningsverhale

Elsabé Welman se romans kombineer romanse en spanning met karakters wat leef en asemhaal op elke bladsy. Met ’n diverse agtergrond bring sy ’n unieke diepte en realisme na haar verhale.

Elsabé Welman
Julius de Smedt

Team Member Name

Misteriese Romanse

Julius is ‘n sakeman wat reeds op skool begin stories skryf het, maar het eers in 2016 ernstig begin skryf. Sy eerste roman het in 2024 verskyn en die tweede volg in 2025. Albei is romanse met baie emosie en geheime. Die derde boek is in wording en sal ‘n spanningsverhaal wees. Na ‘n besige dag ontsnap Julius na die werklikheid van fiksie en sy klavier of tjello.

Julius de Smedt
Dede Dirks

Team Member Name

Vrouefiksie, Biografiese fiksie

Dede Dirks is die skrywersnaam vir Lidia de Jager. Sy het laat in haar lewe eers begin geskryf, nadat ‘n skrywersvriendin haar aangeraai het om te gaan sit en die storie te vertel. Dede is ‘n gebore en getoë Pretorianer en woon saam met haar man, kinders, honde en ‘n kat. Sy het nog baie stories om te skryf en is besig daarmee. Dede het ‘n Facebook alhoewel, alhoewel dit nog nie baie aktief is nie.

Dede Dirks
Stephanie du Toit

Team Member Name

Romantiese spanningsverhale

S du Toit het in Houtbaai, Kaapstad, groot geword. Sy is ‘n Suid-Afrikaanse skrywer wat romantiese spanningsverhale met baie intrige skryf.

Stephanie du Toit
Anita van der Walt

Team Member Name

Digkuns

Anita van der Walt is in Carolina gebore en het haar skoolloopbaan aan Florida Hoërskool voltooi. Hoewel digkuns altyd ’n diep belangstelling vir haar was, het sy eers in 2012 begin dig ná die tragiese verlies van haar dogter. Haar emosies het spontaan gestalte gekry in haar poësie, wat sedertdien ’n belangrike rol in haar lewe speel.
Haar werk is opgeneem in verskeie gerespekteerde publikasies, waaronder Inkskryf, die GHA se Suiderland, en Die Nuwe Era Groot Verseboek. In 2022 is sy bekroon met ’n boekprys van die Groot Afrikaanse Versefees (GHA), wat gelei het tot die publikasie van haar debuutbundel in 2023. Sy werk tans aan haar tweede digbundel.
Anita se gedig Droomverlore is saam met ander werke op LitNet gepubliseer, en van haar gedigte word ook voorgelees in Corsistrust se program Jou eie kleinteater.

Anita van der Walt
Marilize Roos

Team Member Name

Historiese romanse, vakansieromanse, LGBTQ, BDSM, en erotiese romanse.

Marilize Roos is bekend vir haar vurige romantiese stories wat in die Kaap afspeel. Sy is mal oor diere (veral perde en Rottweilers), lees, musiek, naaldwerk en fotografie.

Marilize Roos
Rene van Zyl

Team Member Name

Sameswering, jeug, romans, romanzas, kortverhale

Skrywer. Joernalis. Blogger. Wenner ATKV-Woordveertjie 2024 & 2020 ROSA Imbali prys - vir skryf van Romanse. Tuimeltrein jeugboek voorgeskryf vir gr. 12 - IEB skole/ EAT 2026. Skryf ook samesweringsromans, musiekblyspele, Bybelboekwurm kategese materiaal

Rene van Zyl
Johan de Nysschen

Team Member Name

Kontemporêre Romanse en Spanningsromanse

Johan de Nysschen is ’n Afrikaanse skrywer wie se passie vir stories al vroeg posgevat het.

Ná publikasies in tydskrifte soos Rooi Rose en Sarie, het hy ná ’n lang stilte weer sy pen opgetel — en lesers bekoor met kortverhale en romans vol spanning, emosie en romanse. Sy werk is opgeneem in die US Woordfees-kortverhaalbundels en die gesamentlike projek Sewe Keer Sondig, terwyl titels soos Skuilplek vir die Liefde en Wenpad van die Liefde onder Afrikaanse e-lesers gewild is.

Johan skryf met ’n fyn aanvoeling vir die menslike psige en ’n besonderse balans tussen gevaar en gevoel.

Johan de Nysschen
Zinét Oosthuizen

Team Member Name

Liefdesverhale, Vakansieromanse, Kontemporêr

Zinèt Oosthuizen het reeds op ʼn jong ouderdom die betowerende wêreld van verhale ontdek en terwyl sy ʼn passie vir lees en skryf het, bestee sy die meeste van haar tyd aan finansiële bestuur.
In haar vrye tyd geniet sy die eenvoudige dinge van die lewe, en wanneer sy saam met haar familie ʼn welverdiende vakansie neem, is daar altyd ʼn paar romantiese liefdesverhale versteek in haar tas. Lees en skryf laat haar toe om te ontsnap van die haastige wêreld daarbuite, en sy vind vreugde daarin om deur die bladsye van verhale te dwaal.

Zinét Oosthuizen
Lia Killian

Team Member Name

Romantiese fiksie, Historiese drama, Gotiese verhale, Fantasie verhale, Spanning, Literêre kortverhale, Afrikaanse plattelandstories, Misterie, Paranormale elemente.

Lia Kilian is die pseudoniem van ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat al van kleins af met woorde speel. Sy skryf oor mense wat vaskyk in verlies, liefde, geheime en stilte — in klein dorpe, op wynplase, of langs die ru klippe van Ierland. Haar styl is poëties maar toeganklik, en sy meng werklikheid met ’n sweem misterie, fantasie of legende. Onder verskillende skuilname (Afrikaans en Engels) ondersoek sy uiteenlopende genres, van historiese romanse tot Afrikaanse kortverhale en waargebeurde misterie. Alhoewel sy ‘n kluisenaars lewe voer is sy aktief op verskeie leesplatforms en het ’n aanlyn teenwoordigheid waar sy stories deel in audio- en videoformate.

Lia Killian
bottom of page